Laerskool tennis nuus:
* 3 Grey spelers in die top-7 van u12 SA-ranglys. Aangeheg is die u12 SA-ranglys.
* Die nasionale keurders van Tennis Suid-Afrika (juniors) het ‘n nasionale u12 toer-span gekies wat vanaf 02 tot 15 Julie in Duitsland in twee internasionale tennis-toernooie gaan deelneem. Hierdie toerspan bestaan uit vier seuns en vier dogters. Twee Grey-seuns is gekies as deel van hierdie toerspan nl. Philip Henning en Joubert Klopper. Baie geluk aan hierdie seuns met die groot prestasie.
* Die 2012 “Lampo Nations Cup” vir u12’s vind in Italië plaas vanaf 16 tot 22 Julie. Suid-Afrika word verteenwoordig deur twee seuns en twee dogters by hierdie toernooi waarin agt lande kompeteer. Philip Henning is gekies as een van die spelers om Suid-Afrika te verteenwoordig by hierdie toernooi.
* Vrystaat Tennis het die afgelope naweek aan die Gauteng-Noord “Team-Challenge” interprovinsiale span-kompetisie deelgeneem. Die Vrystaat is bekroon as die algehele wenners van die kompetisie. Hierdie span is verteenwoordig deur Benje Pienaar en Jannes Eloff (u14-span), en Philip Henning, Liam Coertzen en Joubert Klopper (u12-span). Baie geluk aan hierdie seuns met hul bydrae tot die sukses van die Vrystaat in hierdie toernooi.
|